Winter in die Noorde

Die reën is verby,
Die son is uit
Stef Bos is op die speler
Dis nog steeds winter hier

Donker wolke, bloue lug
Donker wolke, bloue lug
Vreemdeling in 'n vreemde land
Dis nog steeds winter hier

Oor die see is dit somer
Die sand is warm
Die see is leuk
Dis nog steeds winter hier

Die son lê laag
Verblind my oor die huise se dakke
Binnekort sal dit donker wees
Winter.