Middagslenter
Loop oor die dorpsplein Hierdie middag met sonskyn Die windjie byt eina Somer is hier, byna Voel lus vir ’n plaaslike bier Maar die hops en gis sal net die maag ontsier Hier in ’n eeu-oue klipsteen boulevard Laat maar die idee vaar Straattroebadoer sing sy hart uit Onder die kloktoring se tuit Tussen vlooimarktentdakke En haweloses se brakke Loop in by die koffiewinkel Waar die barista reeds die bestelling bekinkel Daarmee saam 'n sny rooifluweelkoek Vir die laaste hoofstukke van die boek Dis middag, dis sonskyn Wanneer bates van dubbel-D’s verskyn Word daar gedink aan jou, jou en jou In die land van hemelblou Hier loop alleen en kyk Hier is die siel ryk Gevul met geseënde herinnering, Ervaringe wat geld nie kan bring