Kaapse Droom
Kaap van Storms, Kaap de Goeie Hoop, gee my hoop Gooi vir my 'n klippie in die see Wens vir my 'n wens Dat ons weer kan ontmoet Op historiese grond wanneer die son skyn Ek jou kan omhels En jou oë nog steeds so blou skitter Kommetjie, Kommegas, wees my gas Hier in my houthuis Kom ons eet en gesels oor vergange dae Waar Lizz Wright se blues ons verlei Na 'n magiese plek waar ons nog nooit was Kom ons ons lag en vergeet van buite Twee van ons alleen Hermanus, hemoglobien, haai vriendin Kom ons sit op die strand en drink Spookfontein se rooiwyn Waar walvisse ons siel gewaar aan 'n groter betekenis Kom ons ry af met die N2 na nêrens Met die vensters oop en musiek kliphard En stop by Peregrine om van daardie marmelade te koop Franschoek, Franse hugenoot, verlos van snood Vreemdelinge in vreemde land Met 'n nuwe begin En 'n onwisbare spoor Kom ons staan vir 'n oomblik voor die monument En onthou hulle wat nie meer hier is nie Soos jy ook nie hier is nie
Ek gooi vir jou 'n klippie in die see Want jy's nie hier nie Ek wens vir jou 'n wens Want ek weet nie waar jy is nie Ek hoop soos Crocodile Harris dat iemand my nuus sal bring Maar vir nou reis ek weereens alleen